Die woord konsentrasiekamp is die eerste keer gebruik deur die Britse weermag tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902). Onder gevegsdruk van die Boerekommando’s, het die Britte as deel van ‘n verskroeideaardebeleid die Boerekrygers se vroue, kinders en plaaswerkers aangekeer en gestuur na 34 tentkampe dwarsoor Suid-Afrika. Sodoende kon hulle hul vyande toegang weerhou tot die kos- en ander voorrade wat noodsaaklik was vir die Boere om met die stryd voort te gaan.
Die Redaksie wil met hierdie uitgawe hulde bring aan die duisende vrouens en kinders wat in konsentrasiekampe gesterf het gedurende die Anglo-boereoorlog 1899 – 1902. Verskeie gedenkdienste word gehou waarvan ons die besonderhede ook plaas.
Volg asb. hierdie skakel om hierdie uitgawe af te laai in Adobe PDF Formaat – Die Baken
Die Baken - Spesiale uitgawe oor SA Konsentrasiekampe,







